1 Junie - 27 dae lange staatsdiensstaking begin, die grootste staking sedert die demokratiese verkiesing in 1994.
28 Oktober - Cristina Fernández de Kirchner word as die 55ste staatspresident van Argentinië - en tweede vrou na Isabel Perón wat hierdie amp beklee - verkies. Sy volg haar man Néstor as staatshoof op.
18 Desember - Jacob Zuma onttroon Thabo Mbeki as president van die ANC. Nie een van Mbeki se vertrouelinge word tot die ses topposte van die party verkies nie.
28 Desember - Jacob Zuma word amptelik aangekla; o.a. van bedrog, korrupsie, omkopery en swendelary.