|
In die algemeen verwys 'n Eweknienetwerk (Engels: peer-to-peer network of P2P) na 'n rekenaarnetwerk wat nie vaste werkstasies en bedieners bevat nie, maar 'n aantal gelykwaardige rekenaars wat aanmekaar gekoppel is en terselftertyd as 'n bediener en werkstasie dien vir ander aansluitings tot die netwerk.
KenmerkeDie eweknienetwerkmodel staan in kontras met die werkstasie-bedienermodel. Elke aansluiting is in staat om 'n ondersteunde oordrag te begin en te beëindig. Eweknie-aansluitings kan verskil in hul plaaslike opstelling, verwerkingsnelheid en bandwydte van die netwerk asook die stoorkapasiteit beskikbaar. UitruilnetwerkeDie term kan tegnies gesproke ook toegepas word op 'n aantal netwerktegnologieë en -programme wat gebruik maak van die model (soos byvoorbeeld die NNTP-protokol, wat gebruik word deur Usenet-nuusgroepe). Die term word dikwels gebruik om uitruilnetwerke soos Gnutella, FastTrack,WinMX, BitTorrent en EDonkey2000. Hierdie netwerke bied die moontlikheid om gratis en grotendeels anoniem lêers of dele daarvan tussen persoonlike rekenaars wat met die internet verbind is, uit te ruil. Die Engelse benaming hiervoor is filesharing. Eweknienetwerke, -protokolle en -programme
Verloop van die geskatte aantal aantal gebruikers van die gewildste drie Eweknienetwerke: FastTrack-, eDonkey- en die Gnutellanetwerk, tussen Januarie 2003 en einde Mei 2006
FileTopia, Mute, Waste, AntsP2P, Soulseek, Muscle (BeShare), Akamai, Alpine, Audiogalaxy netwerk, Carracho, Chord, The Circle, Dexter, EarthStation 5 netwerk, Evernet, GNUnet, Groove, Hotwire, JXTA, MojoNation, Overnet netwerk, Scribe, SongSpy netwerk, Squid, Swarmcast Eksterne skakels
|
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.
Mercedes Car
This site monitored by SitePinger.net