Gedraaide draadpaar

del.icio.us del.icio.us
Digg Digg
Furl Furl
Reddit Reddit
Rojo Rojo
Add to OnlyWire
10BASE-T Kabel
10BASE-T Kabel

Gedraaide Draadpaarkabels (Engels: Twisted Pair) is 'n algemene vorm van bedrading waar twee geleiers om mekaar gewen word met die doel om elektromagnetiese steuring uit te skakel wat oorspraak tot gevolg kan hê.

Die aantal draaie per meter maak 'n belangrike deel uit van die spesifikasie van 'n gegewe soort kabel. Hoe groter die aantal draaie, hoe meer word oorspraak verminder. Die draai van die drade verminder steurings omdat:

  • Die gebied tussen die kabels (wat die magnetiese koppeling na die sein bepaal) word soveel moontlik verminder.
  • Die rigting van die stroom wat deur 'n eenvormige magnetiese veld geskep word, word met elke draai omgekeer sodat die strome in opeenvolgende draaie mekaar uitkanselleer.


Inhoud

Kabelsoorte

Afgeskermde Gedraaide Draadpaar
Afgeskermde Gedraaide Draadpaar

Afgeskermde Gedraaide Draadpaar (STP)

Hierdie kabel het 'n geweefde geleier of foelie omhulsel vir elke paar en bied teoreties baie goeie beskerming teen steuring en oorspraak. Dit is voorheen algemeen gebruik vir token ring netwerke. Afgeskermde koeksisterpaarkabels (Engels: Shielded Twisted Pair of STP) word egter deesdae min gebruik omdat die potensiële verhoging in werkverrigting bo dié van Onafgeskermde gedraaide draadpare (Engels: Unshielded Twisted Pair of UTP) nie die veel hoër koste regverdig nie.

Onafgeskermde Gedraaide Draadpaarkabel
Onafgeskermde Gedraaide Draadpaarkabel

Onafgeskermde Gedraaide Draadpaar (UTP)

Onafgeskermde gedraaide draadpaarkabel (Engels: UTP, Unscreened Twisted Pair) is nie met enige afskerming omring nie. Dit is die soort kabel wat hoofsaaklik gebruik word vir die plaaslike gedeelte van telefoonnetwerke en is baie algemeen in rekenaarnetwerke veral omdat die kabels baie buigbaar is en maklik is om te lê.

Koeksisterpaarkabels word gestandardiseer in verskeie kategorieë volgens nommer wat verskeie integriteitseienskappe van die sein aandui. Kategorie 4 kabel en Kategorie 5 kabel word algemeen gebruik in Ethernet netwerke met 10BASE-T of 100BASE-TX. Vir nuwe installasies word deesdae pleks van 'n Kategorie 5 kabel - die verbeterde Kategorie 5e kabel, (Engels: Cat5e = enhanced) gebruik.

Kategorieë

Kategorie 1 kabel (Cat1)

Kategorie 2 kabel (Cat2)

Kategorie 3 kabel (Cat3)

Kategorie 4 kabel (Cat4)

Kategorie 5 kabel (Cat5/Cat5e)

Kategorie 6 kabel (Cat6)

Kategorie 7 kabel (Cat7)

Telefoonkabels

Vir telefonie-toepassings word onafgeskermde gedraaide draadpaarkabels gegroepeer in stelle van 25 pare volgens 'n standaard 25-paar kleurkode wat oorspronklik deur AT&T ontwikkel is. 'n Tipiese substel van hierdie kleure (wit/blou, blou/wit, wit/oranje, oranje/wit) kom in die meeste onafgeskermde gedraaide draadpaarkabels voor. Daar word tans telefoonkabels van tot 200 en meer pare gebruik. Die draadpaarkabels moet met verskillende draaie per meter vervaardig word om kruisgeraas (Engels: crosstalk), te voorkom.

Eksterne skakels

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.


Giant Panda

Mercedes Car
James Bond Guide
This site monitored by SitePinger.net