Grieks

del.icio.us del.icio.us
Digg Digg
Furl Furl
Reddit Reddit
Rojo Rojo
Add to OnlyWire
Indo-Europees
Indo-Europese tale
Albanies | Anatolies
Armeens | Balties | Kelties
Germaans | Grieks | Indo-Irannees
Italies | Slawies | Togaars
Proto-Indo-Europees
Taal | Vereniging | Geloof
Kurgan | Yamna | BMAC | Ariaans
Indo-Europese studies

Die Griekse taal ( /elini'k{/) is 'n Indo-Europese taal wat bestaan vanaf ongeveer die veertiende eeu VC in die Kretiese inskrywings genaamd Linear B. Miceense Grieks van hierdie periode word onderskei van latere Klassieke of Antieke Grieks vanaf die agste eeu VC en later, toe tekste in die Griekse alfabet begin skryf is.

Moderne Grieks is 'n lewende taal en een van die rykste oorblewende tale vandag, met meer as 600,000 woorde. Sekere vakkundiges plaas baie klem op die ooreenkomste met millennia-oue Griekse tale. Die onderlinge verstaanbaarheid met antieke Grieks is 'n saak van debat: Daar word aangevoer dat 'n "redelik goedgeleerde" spreker van die moderne taal die antieke dialekte sal kan lees, maar dit is nie duidelik gemaak hoeveel van hierdie opvoeding bestaan uit blootstelling tot woordeskat en grammatika wat verouderd in normale kommunikasie is nie. Grieks vanuit die Hellenistiese en Bisantynse tye is merkbaar nader aan Moderne Grieks. Vanaf 1834 tot 1976 was daar 'n poging aangewend om /kaTa'revus{/ ("gereinigde taal", 'n poging om eeue-oue natuurlike linguistieke verandering aan 'n taal te korrigeer) as die enigste aanvaarbare vorm van Grieks in Griekeland te maak. Ná 1976 is /Dimoti'ci/ ("taal van die mense") uiteindelik deur die Griekse regering aanvaar as beide die de facto en de jure vorme van die taal. 'n Groot hoeveelheid woorde en uitdrukkings bly onveranderd deur die eeue behoue, en word gevind in 'n aantal ander tale, insluitend Latyn, Italiaans, Duits, Frans, Engels en Afrikaans. Tipiese voorbeelde hiervan sluit meeste terminologiename in, soos astronomie, demokrasie, filosofie, antropologie ens.

Grieks ()
Gesproke in: Griekeland, Ciprus
Totale sprekers: 15 miljoen
Rangorde: 74
Genetiese
indeling:
Indo-Europees

 Grieks
  Atties
   Moderne Grieks

Amptelike status
Amptelike taal van: Griekeland, Ciprus
Gereguleer deur: ?
Taalkodes
ISO 639-1 el
ISO 639-2(B) gre
ISO 639-2(T) ell
SIL GRK


Inhoud

Geskiedenis

Oorsprong

Daar bestaan baie teorieë oor die oorspronk van die Griekse taal. Een teorie stel voor dat dit onstaan het met die migrasie van proto-Griekse sprekers na Griekeland, wat in enige periode tussen 3200 VC tot 1900 VC gebeur het. 'n Ander teorie handhaaf dat Grieks in Griekeland self ontwikkel het vanuit 'n vorige Indo-Europese taal.

Skryfstelsel

Grieks word geskryf met die Griekse alfabet wat dateer vanuit die agste eeu VC. Die Griekse alfabet bestaan uit 24 letters:

Α, Β, Γ, Δ, Ε, Ζ, Η, Θ, Ι, Κ, Λ, Μ, Ν, Ξ, Ο, Π, Ρ, Σ, Τ, Υ, Φ, Χ, Ψ, Ω.

Zolotas se toespraak

In 1954 het professor Xenophon Zolotas 'n toespraak gemaak by Harvard Universiteit. Die toespraak was natuurlik in Engels, maar vol woorde wat afgelei is vanuit Grieks:

Kyrie,

I eulogize the archons of the Panethnic Numismatic Thesaurus and the Ecumenical Trapeza for the orthodoxy of their axioms, methods and policies, although there is an episode of cacophony of the Trapeza with Hellas. With enthusiasm we dialogue and synagonize at the synods of our didymous Organizations in which polymorphous economic ideas and dogmas are analyzed and synthesized. Our critical problems such as the numismatic plethora generate some agony and melancholy. This phenomenon is characteristic of our epoch. But, to my thesis, we have the dynamism to program therapeutic practices as a prophylaxis from chaos and catastrophe. In parallel, a panethnic unhypocritical economic synergy and harmonization in a democratic climate is basic. I apologize for my eccentric monologue. I emphasize my eucharistia to you Kyrie, to the eugenic and generous American Ethnos and to the organizers and protagonists of this Amphictyony and the gastronomic symposia.

Mr Xenophon Zolotas

Voorbeelde

Die Onse Vader in Grieks (Matteus 6:9-13):

Πάτερ ἡμῶν ὁ ἐν τοῖς οὐρανοῖς ἁγιασθήτω τὸ ὄνομά σου·
ἐλθέτω ἡ βασιλεία σου· γενηθήτω τὸ θέλημά σου, ὡς ἐν οὐρανῷ καὶ ἐπὶ τῆς γῆς·
τὸν ἄρτον ἡμῶν τὸν ἐπιούσιον δὸς ἡμῖν σήμερον·
καὶ ἄφες ἡμῖν τὰ ὀφελήματα ἡμῶν, ὡς καὶ ἡμεῖς ἀφίεμεν τοῖς ὀφειλέταις ἡμῶν·
καὶ μὴ εἰσενέγκῃς ἡμᾶς εἰς πειρασμόν, ἀλλὰ ρῦσαι ἡμᾶς ἀπὸ τοῦ πονηροῦ.
Ὅτι σοῦ ἐστιν ἡ βασιλεία καὶ ἡ δύναμις καὶ ἡ δόξα εἰς τοὺς αἰῶνας·
ἀμήν.

Sien ook

Eksterne skakels

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.


Giant Panda

Mercedes Car
James Bond Guide
This site monitored by SitePinger.net