|
Article on other languages:
|
'n Voorbeeld van Japannese skrif uit 1938. Voor 1945 is Japannees is meestal ook van links na regs geskryf. Die naam van die produk aan die bokant van die plakkaat is van links na regs geskryf: ンミタィヴ研理 (n mi ta vi ken ri), op die bottel wat uitgebeeld word is die naam van regs na links 理研ヴィタミン (ri ken vi ta mi n) geskryf.
Die moderne Japannese skryfstelsel gebruik drie hoofskrifte:
Tot 'n mindere mate gebruik moderne geskrewe Japannees ook rōmaji, die gebruik van die Latynse alfabet in Japannees. Voorbeelde van die gebruik sluit in afkortings soos "CD" en "DVD". Dit is ook moontlik om gesproke of geskrewe Japannees geheel en al in die Latynse alfabet te skryf. Verskeie stelsels vir die romanisering van Japannees word gebruik. Geromaniseerde Japannees, wat ook as rōmaji bekendstaan, word baiekeer deur buitelandse studente van Japannees gebruik terwyl hulle nog nie die drie hoofskrifte bemeester het nie. Hoewel daar vanadg algemene ondersteuning vir direkte invoer van kana op reknaars is gebruik eerste taal sprekers baie keer wāpuro rōmaji of "woordverwerker-romaji" om Japannees op rekenaars in te voer.. 'n Koerant opskrif in die Asahi Shimbun van 19 April 2004 verskaf 'n voorbeeld waar al vier skrifte saam gebruik word (kanji oranje, hiragana pers, katakana groen, Latynse Alfabet en Arabiese syfers swart):
Voorbeelde van woorde wat in Japannees geskryf is:
Kollasionering (woordbou) in Japannees is gegrond op die kana wat die uitspraak van die woorde uitrduk, eerder as die kanji. Die kana kan volgens twee ordeninge gerangskik word, die veelvoorkomende gojūon (vyftig-klank) ordening, of die outydse iroha ordening. Sjinese karakter woordeboeke word ook gerangskik volgens die radikaal-stelsel.
|
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.
Mercedes Car
This site monitored by SitePinger.net