|
Article on other languages:
|
Kalifornië is 'n deelstaat aan die suidelike weskus van die Verenigde State van Amerika (VSA). Dit is die grootste deelstaat ten opsigte van sy bevolking van sowat 37 miljoen en die derde grootste ten opsigte van sy oppervlak (410 000 vierkante kilometer). Die gebied is deur stamme van die Eerste Nasies bewoon, toe Europese ontdekkers die gebied in die 16de eeu geleidelik begin verken. Kalifornië het oor die grootste indigene bevolking van die huidige Verenigde State beskik. Spanje het die kusgebiede sedert die jaar 1769 begin koloniseer, tog het Kalifornië met die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog in 1821 die juk van kolonialisme afgeskud en deel van die Meksikaanse Republiek geword. Die huidige Kalifornië het deel uitgemaak van die gebiede, wat deur Meksiko ná die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog van die jare 1846 tot 1848 volgens die Verdrag van Guadalupe Hidalgo aan die VSA afgestaan is. Met die Kaliforniese goudstormloop van die jare 1848 en 1849 het sowat 90 000 Amerikaanse immigrante hulle in die gebied gevestig, en dit het in 1850 die 31ste deelstaat van die VSA geword. Kalifornië spog met 'n hoogs ontwikkelde ekonomie, en dit sou as 'n onafhanklike staat met sy bruto geografiese produk van $1,55 biljoen die agtste grootste ekonomie ter wêreld wees. Die deelstaat se aandeel aan die VSA se bruto geografiese produk van $12 biljoen beloop 13 persent. Die belangrikste sektore van die plaaslike ekonomie is landbou, die vermaaklikheidsbedryf, ligte nywerhede en toerisme. Kalifornië huisves 'n aantal bekende ekonomiese gebiede soos Hollywood (vermaak), die Central Valley (Sentraalvallei, landbou), Silicon Valley (inligtings- en hoëtegnologie) en die Kaliforniese Wynland (wynbou).
Demografie
StedeKultuurToerismeSport
InfrastruktuurEksterne skakels
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.
Mercedes Car
This site monitored by SitePinger.net