|
Article on other languages: |
Kobe (神戸市 Kōbe-shi?) is die hoofstad van die Hyōgo Prefektuur en 'n vername hawestad in Japan met 'n bevolking van ongveer 1,4 million. Die stad is in die Kansai gebied van Japan geleë en is deel van die Osaka-Kobe-Kioto metropolitaanse gebied. Kobe word geklassifiseer as een van Japan se sewentien aangewese stede. Die stad het aanvanklik as Ōwada Anchorage (大輪田泊 Ōwada-no-tomari?) beklendgestaan. Die vroegste geskrewe verwysings na die gebied is afkomstig van Nihon Shoki wat die stigting van die Ikuta Heiligdom deur Keiserin Jingū in 201 n.C. beskryf.[1][2] Vir die grootste deel van die gebied se geskiedenis was dit nie 'n enkele politiese eenheid nie; selfs tydens die Tokugawa-tydperk, toe die hawe direk deur die Tokugawa Sjogoenaat beheer is. Kobe het nie in sy huidige vorm bestaan nie tot die stigting daarvan in 1889. Die stad se naam kom van "kanbe" (神戸 kanbe?), 'n argaïese titel vir volgelinge van die stad se Ikuta Hieligdom.[3][4] Kobe het een van Japan se aangewese stede geword in 1956. Kobe was een van die eerste stede in Japan wat oopgestel is vir handel met die Weste na die beëindiging van die Sakoku isolasiebeleid en is sedertdien as 'n metropolitaanse hawestad bekendheid verwerf. Hoewel die 1995 Groot Hanshin Aardbewing afbreuk gedoen het aan Kobe se rol as 'n hawestad bly dit steeds Japan se vierde besigste behoueringhawe.[5] Maatskappy wat hulle hoofkantoere in Kobe het sluit in ASICS, Kawasaki Swaarindustrieë, en Kobe Staal, sowel as 100 internasionale maatskappye met hulle Asiese of Japanse hoofkantore in die stad. Voorbeelde sluit in Procter & Gamble en Nestlé.[6][7] Die stad is die oorsprong en naamgenoot van Kobe-bief sowel as die ligging van een van Japan se bekendste onsen-warmwaterbronne, Arima Onsen. Die Kobe Hawetoring is 'n bekende landmerk in die stad. Verwysings
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.
Mercedes Car
This site monitored by SitePinger.net