|
Article on other languages:
|
Korsikaans (u Corsu) is die Romaanse taal wat op die eiland Korsika gepraat word. Dit is 'n variant van Toskaans ('n Italiaanse dialek). Daar is ook 'n Korsikaanse Wikipedia. Korsikaans, veral Suid-Korsikaans, is tewens nou verwant aan Gallura wat in die noorde van Sardinië gepraat word. Daar bestaan meningsverskille oor of Noord-Sardyns Korsikaans is, of Suid-Korsikaans 'n variant van Gallura is, maar dat daar verwantskap bestaan word nie betwyfel nie.
Verskil met FransKorsikaans is geen Franse dialek nie, soos deur die volgende voorbeelde getuig:
Desnieteenstaande word die invloed van Frans op Korsikaans steeds groter. Dit is veral duidelik in die oorneem van Franse woorde in Korsikaanse vorm. Hierdeur raak die Italiaanse wortels van die taal stadig maar seker verlore. Daar word egter in die laaste paar jaar weer op laerskool onderwys gegee in Korsikaans. Verskil met ItaliaansOok met Italiaans bestaan verskille. Die Italiaanse uitgang -o by substantiewe is in Korsikaans -u (net soos in so te sê alle Suiditaliaanse dialekte, soos Sisiliaans en Napolitaans). Die verandering van core naar cuore (hart) (diftongering), kom nie in Korsikaans voor nie. Soos hierbo vermeld word nuwe woorde deurgaans uit Frans oorgeneem, nie uit Italiaans nie, waardeur gesê word dat daar nie langer van 'n Italiaanse dialek gepraat kan word nie. Die debat oor dialek of taal kan egter nog steeds gevoer word, maar by die gebruik van die woord taal in 'n ruim sin kan daar geen bespreking oor bestaan dat Korsikaans wel 'n taal is nie. Suid-KorsikaansSuid-Korsikaans word van ander vorms van die taal onderskei deur die woord perd (Italiaans cavallo, Frans cheval) wat in die noorde as cavallu, in die suide as cavaddu geskryf en gepraat word. GebruikDeur die Franse taalpolitiek en deur die toevloed van Franstaliges (veral deur die toevloei van gerepatrieerde Franse uit Algerië) is Korsikaans onder groot druk: dit word minder en minder gespraat, en wie dit nog wel praat, gebruik meer en meer Franse woorde in Korsikaans. Sedert die einde van die twintigste eeu het 'n Korsikaans 'n oplewing ondergaan. Dit word op skool aangebied, en veelvuldig gebruik deur lokale sangers en sanggroepe, soos I Muvrini en A Filetta, wat ook buite Frankryk bereomdheid verwerf het. ToponiemeDie meeste toponieme op korsika het van oudsher 'n Toskaanse spelling (soos Bastia, Calvi, Bonifacio), sommige plekname het inmiddels verfrans (Saint-Florent, Ile-Rousse, Cargèse). Die meeste toponieme het egter ook 'n Korsikaanse variant: Ajaccio - Aiacciu Bonifacio - Bunifaziu Cap Corse - Capicorsu Cargèse - Carghjese Corte - Corti Ile-Rousse - Isula Rossa Saint-Florent - San Fiurenzu Nebbio - Nebbiu Patrimonio - Patrimoniu Porto - Portu Porto-Vecchio - Porti-Veghju Al vermeld meeste verkeerstekens inmiddels beide variante, is die gebruik om met 'n spuit kannetjie die Frans/Toskaanse naam weg te spuit of aan te pas met die Korsikaanse spelling (meestal deur die 'o' te veranderen in 'n 'u') nog steeds wydverspreid. Verwysings
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.
Mercedes Car
This site monitored by SitePinger.net