Kuala Lumpur

Article on other languages:

Kuala Lumpur
كوالا لومڤور

Kaart Wapen
Vlag
 Land Maleisië
 Deelstaat Federale distrik
 Koördinate 2°30′N 112°30′O
 Stigting 1857
 Stadstatus 1972
 Federale distrik 1974
 Oppervlak:  
 - Totaal 243,65 vk km
 Hoogte bo seevlak 21,95 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2007) 1 887 674
 - Bevolkingsdigtheid 7 388/vk km
 - Metropolitaanse gebied 7 200 000
 Tydsone MST - UTC +1
 - Somertyd Geen
 Burgemeester (Datuk Bandar) Datuk Abdul
Hakim Borhan
 Amptelike webwerf Kuala Lumpur

Kuala Lumpur (Maleis: [ˈkwɑlɑlʊmpʊ] of plaaslik: [kwɑləlʊmpɔ, kɔlɔmpɔ]) is die hoofstad en grootste stad van Maleisië met 'n bevolking van 1,9 miljoen mense in die stadsgebied en 7,2 miljoen in Groter Kuala Lumpur, wat ook as Klang Valley bekend staan. Klang Valley is sowel ten opsigte van sy bevolking asook sy ekonomie die vinnigste groeiende metropolitaanse gebied in die land.

As die setel van die Maleisise parlement fungeer Kuala Lumpur as die wetgewende hoofstad van die land, terwyl die uitvoerende en regsprekende owerhede vanaf 1999 na Putrajaya verskuif is. Kuala Lumpu huisves daarnaas ook die ampswoning van die Maleisiese koning (Yang di-Pertuan Agong), die Istana Negra. Die stad is die beduidendste ekonomiese en kulturele sentrum van die land en word as 'n wêreld- of gamma-stad geklassifiseer.

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.


Giant Panda

Mercedes Car
James Bond Guide
This site monitored by SitePinger.net