|
Article on other languages:
|
Merkbare eienskappeLantaan is 'n silwerige-wit metalliese element wat aan groep 3 van die periodieke tabel behoort en word baie keer as deel van die lanthanides gesien. Dit word in sommige seldsame aard minerale aangetref, gewoonlik saam met cerium en ander seldsame aardelemente. Lantaan is smeebaar, rekbaar en sag genoeg dat dit met 'n mes gesny kan word. Dit is een van die mees reaktiewe van die seldsame aard metale. Die metaal reageer direk met koolstof, stikstof, boor, selenium, silikon, fosfor, swael elemente, en halogene. Dit oksideer vinnig as dit aan lug blootgestel word. Koue water val lantaan stadig aan, terwyl warm water dit baie vinniger aanval. ToepassingsGebruike van lantaan:
GeskiedenisLantaan is in 1839 deur die Sweedse chemikus Carl Gustav Mosander ontdek toe hy 'n monster van cerium nitraat gedeeltelik onbind het deur dit te verhit en die resulterende met verdunde nitric acid behandel het. Uit die oplossing wat verkry is het hy 'n nuwe seldsame aard metaal wat hy lantana genoem het geïsoleer. Lantaan is in 1923 na 'n betrklik suiwer vorm verwerk. Die woord lantaan kom van die Grieks λανθανω [lanthanō] = om verberg te wees. VoorkomsAlhoewel lantaan tot die chemiese elemente groepering wat as seldsame aardmetale behoort, is dit glad nie seldsaam nie. Lantaan word in betreklik groot hoeveelhede aangetref (32 ppm in die Aardkors). Monaziet (Ce, La, Th, Nd, Y)PO4, en bastnasite (Ce, La, Y)CO3F, is die belangrikste erste waarin lantaan voorkom in persentasies van 25 tor 38 persent. IsotopeNatuurlik voorkomende lantaan bestaan uit een stabiele (139La) en een radioaktiewe (138La) isotoop, met die stabiele isotoop, 139La, wat die vollopste is (99.91% natuurlike voorkoms). 38 radioisotope is gekarakteriseer waarvan die stabielste 138La met 'n halfleeftyd van 105×109 jaar , en 137La met 'n halfleeftyd van 60 000 jaar is. Al die ander radioaktiewe isotope het halfleeftye van minder as 24 uur en die meeste het halfleeftye van minder as 1 minuut. Die element het ook 3 meta state. Die isotope van lantaan wissel in atoommassa van 117 u (117La) tot 155 u (155La). VerwysingsEksterne skakels
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.
Mercedes Car
This site monitored by SitePinger.net