|
Article on other languages:
|
Eksperiment wat 'n (waarskynlik argon-) laser gebruik
Lasers wissel in grootte van mikroskopies diodelasers (bo) met talle toepassings, tot rugbyveld groot neodymium glas lasers (onder) wat gebruik word vir inertial confinement fusion, kernwapennavorsing en ander hoë energiedigtheid fisika eksperimente.
'n Dye laser wat by die Starfire Optical Range vir LIDAR en laser guide star eksperimente gebruik word is ingestem tot die Natrium D lyn en word gebruik om Natrium atome in die natriumlaag van die atmosfeer op te wek.
Laser is 'n afkorting in engels wat staan vir (light amplification by stimulated emission of radiation) wat in afrikaans vertaal "ligversterking deur die gestimuleerde emissie van straling" beteken. 'n Laser is 'n toestel wat 'n kwantummeganiese effek naamlik gestimuleerde emissie, benut om 'n koherente straal lig te lewer. (D.w.s. golwe is in fase en geen interferensie vind plaas nie.) Lig van 'n laser is dikwels parralel en monochromaties, maar dit is nie waar vir alle tipe lasers nie.
OorsigAlgemene ligbronne soos die elektriese gloeilamp straal fotone in alle rigtings uit, gewoonlik oor 'n wye spektrum golflengtes. Die meeste ligbronne is ook nie koherent nie, d.w.s. die golwe is uit fase en dus vind daar interferensie tussen die golwe plaas. In kontras straal 'n laser, fotone in 'n noue, goed gedefinieerde band uit om 'n ligstraal te vorm. Die lig is dikwels baie na aan monochromaties, wat uit 'n enkele golflengte of kleur bestaan, en is hoogs koherent en dikwels gepolariseer. Sommige tipe lasers, soos die kleurstoflasers en vibroniese vastetoestandlasers kan lig produseer oor 'n wye reeks golflengtes; Die eienskap maak hulle geskik vir die opwekking van uiters kort ligpulse in die orde van 'n femtosekonde (10-15 sekonde). Laserlig kan ook 'n hoë intensiteit bereik; sodanig so dat dit staal en ander metale kan sny. Die ligbundel wat deur 'n laser uitgestraal word toon dikwels 'n baie klein mate van afwyking (d.w.s. die golwe bly parallel selfs oor lang afstande). Golwe met perfekte paralelle bane kan nie geskep word nie a.g.v. diffraksie, maar 'n laserstraal sal baie minder versprei as lig vanaf enige ander ligbron. 'n Straal wat deur 'n klein laboratorium laser opgewek word soos bv. die [[Helium-Neon laser|helium-neon (HeNe) laser]] sal versprei tot 'n diameter van ongeveer 1.6 kilometer indien dit vanaf die aarde tot op die die oppervlak van die maan geskyn word. Sommige lasers, veral die halfgeleier lasers wek strale op wat 'n baie wyer verspreiding toon, hoofsaaklik a.g.v. hulle klein grootte. So 'n afwykende ligbundel kan egter omskep word in 'n paralelle bundel deur gebruik te maak van 'n optiese lens. Ligbundels van nie-laser bronne kan egter nie op dié manier in 'n paralelle bundel omskep word nie. 'n Laser kan ook funksioneer as 'n optiese versterker wanneer dit met lig van 'n ander bron bestraal word. Die versterkte sein kan baie soortgelyk wees aan die invoersein in terme van golflengte, fase en polarisasie; die verskynsel het baie toepassings in optiese kommunikasie. Die uitset van 'n laser mag kontinu wees, 'n konstante amplitude hê, of kan polsend wees. BeginselDie laser berus op die eienskap waar opgewekte elektrone van 'n atoom wat in 'n baan wentel met 'n hoër energie as normaal, terugval na 'n laer baan en dan 'n foton in die proses uitstraal. Indien die foton 'n ander atoom tref in dieselfde opgewekte toestand, sal die elektron in die atoom ook terugval na die laer energietoestand en ook 'n foton uitstraal wat in pas is (in fase is) met die eerste foton ensovoorts. Indien dit 'n atoom tref met die elektron reeds in die laer baan, kan die foton geabsorbeer word en die elektron opwek na die hoër baan en dus hoër energietoestand. 'n Mens kan dus 'n versameling atome hê waarin die meerderheid elektrone in die hoër energietoestand verkeer, wat dit dan moontlik maak om die elektrone gelyktydig te laat terugval na die grondtoestand met die gepaardgaande uitstraling van 'n sterk ligpuls. Die fotone wat so opgewek word, is dan in fase en die golflengte, wat ooreenstem met die energieverskil tussen die elektronbane, is dieselfde (d.w.s monochromaties). Die laserstraal word dus opgewek deur die lig heen en weer te laat weerkaats in die laser medium met behulp van parralelle spieëls. Die atome van die medium word dan almal na die hoër energietoestand opgewek deur die toevoeging van eksterne energie by wyse van bestraling met 'n ander kleur lig, elektriese stroom of deur middel van 'n chemiese reaksie. Die resultaat is 'n versterkte ligbundel wat uit die resonansie kamer onstsnap deurdat een van die spieëls deels deurlaatbaar gemaak word. Die teorie van kwantummeganika kan toegepas word op die laserverskynsel, alhoewel die meeste lasertipes eerder met 'n tref-en-trapmetodiek ontwikkel is. GeskiedenisDie eerste werkende laser is deur Theodore H. Maiman in 1960 by die Hughes Research Laboratories in Malibu, Kalifornië gemaak. Maiman het 'n robynkristal met flitslamp as energiebron gebruik om 'n rooi laserlig teen 'n golflengte van 694 nanometer op te wek. LaserveiligheidSelfs lae sterkte lasers kan gevaarlik wees vir 'n mens se sig. Die paralelle karakter en lae ligverspreiding beten dat dit deur die oog tot 'n baie klein kolletjie op die retina gefokus kan word, wat lokale verbranding en permanente skade binne sekondes tot gevolg kan hê. Laserlig teen sekere golflengtes kan katarakte veroorsaak en selfs veroorsaak dat die vloeistof in die oogbal begin kook. Infrarooi- en ultravioletlasers is veral gevaarlik aangesien die liggaam se "kniprefleks", wat die oog kan beskerm teen ongewone helder lig slegs werk wanneer die lig sigbaar is. Klassifikasie vir veiligheidsdoeleindes van lasers geskied volgens die golflengte en die maksimum uitset-energie as volg:
Die krag van die lasers hierbo genoem is slegs rowwe indikasies; die klassifikasie is ook afhanklik van die golflengte en of die laser 'n polsende of kontinue uitset het. Die gebruik van oogbeskerming wanneer lasers in klas IIIb en IV gebruik word, word sterk aanbeveel en word vereis deur die OSHA. Soorte Lasers
'n Laserharp.
Lasers word gebruik vir visuele effekte tydens 'n musiekopvoering. ('n Laserligvertoning.)
Sien ook
Eksterne Skakels
|
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.
Mercedes Car
This site monitored by SitePinger.net