|
Article on other languages:
|
Latin America
Latynsamerika (Portugees and Spaans: América Latina; Frans: Amérique Latine) is die streek van die Amerikas waar Romaanse tale, wat afkomstig is van Latyns (insonderheid Spaans en Portugees) hoofsaaklik gepraat word. Latynsamerika staan in teenstelling met die minder bekende term Angloamerika, wat daardie streek van die Amerikas is waar Engels allesbeheersend is. DefinisieDaar is etlike definisies van Latynsamerika waarvan geen perfek of noodwendig logies samehangend is nie:
WoordstamAmérique latine was oorspronklik 'n politiese term wat deur die Franse keiser Napoleon III geskep is. Hy het Amérique latine en Indochine as doele vir die uitbreiding gedurende sy bewind genoem. Terwyl die term hom gehelp het om aanspraak te maak op hierdie gebiede, het dit eventueel daardie dele van die Amerikas omvat waar Romaanse tale gepraat is wat aanvanklik deur nedersetters van Spanje, Portugal en tot 'n mindere mate Frankryk gedurende die vyftiende en sestiende eeue. Die alternatiewe woordstam wys Michel Chevalier uit, wie die term in 1836[1] genoem het. In die Verenigde State was die term nie gebruik voor die 1890s nie, en dit het eers 'n algemene beskrywing van die streek geword in die vroeë twintigste eeu. Voorheen was Spaansamerika die meer algemeen gebruik[2]. Deesdae is Latynsamerika 'n uitdrukking gelykstaande aan Latynseuropa en bedui 'n eergevoel van supernasionalisme wat groter is as daardie wat bedui word deur staatskap of nasieskap. Hieride supernasionale identiteit word uitgedruk deur gesamentlike initiatiewe en organisasies, soos die Unie van Suidamerikaanse Nasies. Dit is belangrik om te let dat terme soos Latynsamerika, Latynse mense (taal), Latino en Hispanies van mekaar verskil. Baie mense in Latynsamerika praat nie tale van Latynse herkoms nie, maar inboorlingtale of tale wat deur immigrasie meegebring is. Daar is ook 'n ineensmelting van kulture van Latynse herkoms met inboorling en Afrika kulture wat volg tot 'n onderskeid relatief tot die kulture van Europa wat van Lytynse herkoms. Quebec, ander Franssrepekende gebiede in Kanada en die Verenigde State soos Acadia, Louisiana, Saint-Pierre and Miquelon en ander areas noord van Meksiko word gebruiklik uitgesluit van hierdie sosiopolitiese definisie van Latynsamerika, ten spyte daarvan dat hulle noemenswaardige of allesoorheersende bevolkings het wat tale van Latynse herkom praat, deels te danke daaraan dat hierdie gebiede nie as soewereine state bestaan nie of dat hulle geografies geskei is van die res van Latynsamerika. Franse Guiana word wel somtyds ingesluit, in weerwil van sy status as 'n aanhang staat van Frankryk. Party lande in die streek waar daar nie tale van Latyns herkoms gepraat nie, word nietemin bedui as "Latynsamerikaans" lande, soos wat die geval is vir Surinam (waar Nederlands gepraat word) en Belize en Guyana, wat beide Engels as die offisiële taal het. Soos hierbo aangeraak, word die term Ibero-Amerika somtyds gebruik om te verwys na die nasies wat voormalige kolonies van Spanje en Portugal was, omdat hierdie twee lande in die Iberiese skiereiland geleë is. Die Organisasie van Ibero-Amerikaanse State (OEI) gaan een stappie verder met hierdie definisie deur Spanje en Portugal (wat dikwels die Moeder Lande van Latynsamerika genoem word) onder sy ledestate in te sluit. |
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.
Mercedes Car
This site monitored by SitePinger.net