Linus Torvalds

Article on other languages:

Linus Benedict Torvalds (geb. 28 Desember 1969 in Helsinki, Finland) is die aanstigter van die vrye Linux bedryfstelselkern. Hy is tans steeds die hoofkoördineerder vir die ontwikkeling van Linux. Met die ontwikkeling van Linux het hy 'n groot rol gespeel om die vrye sagteware-beweging in die openbare oog te plaas.

Lewensloop

Linus Torvalds is gebore in Helsinki waar hy tot die Sweedssprekende minderheid in Finland behoort het. Hy woon sedert 2006 in die Verenigde State.

In 1991 het hy die beskikbaarheid van sy bedryfstelselkern wat soortgelyk was aan Free Minix aangekondig. Sy bedryfstelselkern was 'n aanvulling tot die GNU-projek, wat op daardie tydstip slegs 'n kern ontbreek het - daarvoor was die Hurd kern in beplanning gewees.

Minder as vyf persent van die huidige kode van Linux is deur hom geskryf maar Torvalds word steeds deur die Linux ontwikkelaarsgemeenskap beskou as die mees geskikte persoon om beslissings te fel oor welke sagteware uiteindelik by Linux ingesluit sal word. Sodoende word daar verhoed dat 'n nuwe vertakte projek van Linux versprei word, wat wel wettig moontlik is aangesien Linux onder die voorwaardes van die GNU Algemene Publieke Lisensie versprei word.

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.


Giant Panda

Mercedes Car
James Bond Guide
This site monitored by SitePinger.net