Mac OS X

Article on other languages:

del.icio.us del.icio.us
Digg Digg
Furl Furl
Reddit Reddit
Rojo Rojo
Add to OnlyWire

Mac OS X, die nuutste weergawe van Mac OS, is 'n bedryfstelsel vir 'n Apple Macintosh rekenaar wat die gewilde eienskappe van die tradisionele Macintosh gebruikerskoppelvlak behou met 'n stabiele oopbron BSD bedryfstelsel in sy kern. Mac OS X is in 2001 vrygestel, as Mac OS X, 10.0. Die nuutste weergawe van Mac OS X, is Mac OS X, 10.4 "Tiger", wat 'n reeks nuwe eienskappe bekend gestel het. Die hoof eienskappe van "Tiger", is "Spotlight", 'n blitsvinnige soektegnologie, wat alles op jou hardeskyf deursoek terwyl jy tik. Daar is verder nog ander eienskappe wat bedryfstelsel van ander alternatiewe onderskei: Automator, die nuwe program wat jou toelaat om 'n stel instruksies saam te stel en dan uit te voer, wat die uitvoer van alledaagse take vergemaklik; Dashboard, baie klein, "Mini" programme wat tydelike informasie van die internet af kan kry, soos televisieskedules, fliektye en selfs weersvoorspellings. Mac OS X is reeds geïnstalleer, op alle nuwe Macintosh rekenaars, en is ook as 'n opgradering aangebied vir die meeste Apple rekenaars, wat 'n iMac G3 spesifikasie of beter het en FireWire ondersteun...(Oorspronklike FireWire PowerBooks uitgesluit).

Daar is ook Mac OS X Server, Die weergawe van Mac OS X vir korporatiewe rakgemonteerde bedieners van Apple - die XServe([1], en XRaid. Dit verskil nie veel van die gewone weergawe nie, maar is net meer gespesialiseer vir die korporatiewe vereistes, en sluit alles in wat 'n besigheidsbediener nodig het- soos vereenvoudigde toegewyde sagteware vir Administratiewe take soos die bestuur van werkgroepe, 'n eposbediener, Samba Server, gidsbediener, en 'n domeinnaambediener.

Eksterne skakels

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.


Giant Panda

Mercedes Car
James Bond Guide
This site monitored by SitePinger.net