Nieu-Frankryk

Article on other languages:

del.icio.us del.icio.us
Digg Digg
Furl Furl
Reddit Reddit
Rojo Rojo
Add to OnlyWire
Samuel de Champlain se kaart van Nieu-Frankryk, wat in 1612 ontstaan het

Nieu-Frankryk (Frans: La Nouvelle-France) is 'n Franse kolonie in Noord-Amerika, wat in die tydperk tussen 1608 en 1763 bestaan en naas die gebied van die Sint-Laurensrivier ook die Mississippivallei met Louisiana en Akadië ingesluit het.

Claude Bernou se kaart van Nieu-Frankryk (1681)

Jacques Cartier maak namens die Koninkryk van Frankryk reeds in die jaar 1534 aanspraak op die gebied langs die Sint-Laurensrivier en vernoem dit Nieu-Frankryk. Die Franse kolonisering neem egter eers in die jaar 1608 'n aanvang. In hierdie jaar stig die ontdekker Samuel de Champlain die hoofstad Quebecstad en word vervolgens as die eerste goewerneur benoem.

Die Franse koning Lodewyk XIV verklaar die kolonie in 1663 tot koninklike provinsie, en in 1674 kry die provinsie sy eie regering.

Nadat vroeër pogings in 1629 en 1711 misluk het, slaag Groot-Brittanje in 1759 daarin om die gebied te verower. In die Verdrag van Parys van die jaar 1763 erken Frankryk die Britse heerskappy oor die provinsie, wat vervolgens vir administratiewe doeleindes in Opper-Kanada en Neder-Kanada verdeel is.

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.


Giant Panda

Mercedes Car
James Bond Guide
This site monitored by SitePinger.net