|
Die huidige Koningin van Nieu-Seeland is Elizabeth II en word in die land verteenwoordig deur 'n Goewerneurgeneraal. Die de facto politieke magte is in besit van die Eerste Minister, Helen Clark, wat ook as die leier van die demokratiese regering dien. Nieu-Seeland neem ook verantwoordelikheid vir die buitelandse sake van die selfregerende lande van die Cook-eilande en Niue, asook die behartiging van die afhanklikheid van Tokelau. Nieu-Seeland het ook 'n gebiedsaanspraak in Antarktika, Ross Dependency. OorsigVan Nieu-Seeland se vier miljoen inwoners woon rofweg drie miljoen op die Noordeiland en een miljoen op die Suideiland. Hierdie eilande is onder die grootste in die wêreld en die gekombineerde landarea is vergelykbaar met die Britse Eilande of Colorado. Tesame met Aotearoa, was 'n ander Māorinaam vir Nieu-Seeland Niu Tireni, 'n transliterasie van die Engelse naam. Ander eilande het veel kleiner bevolkings en dek baie minder landarea. Die mees belangrike van hierdie eilande is:
Daar is ook meer Maori stamme in die noord eiland as in die suid eiland, in Rotorua in die middel van Lake Rotorua is daar n eiland met die naam Mokoia eiland. Dit het 'n pragtige liefdes storie wat dit verbind met twee baie belangrike verliefdes. Tutanekai het al die pad geswem van die land af om by Hinemoa uit te kom. Hulle het dit op 'n gereelde basis gedoen want hul liefde was gedoem van die begin af. Hulle ouers het nie van die ander familie gehou nie, wat veroorsaak het dat hulle nooit met mekaar sal kon trou, sonder om teen hul ouers te sondig nie. Eksterne skakels
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.
Mercedes Car
This site monitored by SitePinger.net