|
Die Puerto Rikaanse onhafhanklikheidsparty (: Puerto Rican Independence Party (PIP) - : Partido Independentista Puertorriqueño) is 'n politieke party wat vir die onhafhanklikheid van Puerto Rico van die VSA strewe[1]. Dit is een van die drie groot politieke partye in die land en ook die tweede oudste[2] [3]. Die huidige leier is Rubén Berríos Martínez.
GeskiedenisDie party het begin as die elektorale vleul van die Puerto Rikaanse pro- onafhanklikheidsbeweging. Dit is die grootse van die onafhangklike partye, en die enigste een wat op die stembrief verskyn gedurende verkiesings (ander kandidate moet per hand bygevoeg word). StigtingDie party is gestig op 20 Oktober, 1946 deur Gilberto Concepción de Gracia (oorlede in 1968). Hy was oortuig dat die onafhanklikheidsbeweging "verraai" is deur die Partido Popular Democrático, wat se oorspronklike doel onafhangklikheid was. Federale Buro van Ondersoek (engels FBI) vervolgingDie VSA se Federal Buro van Ondersoek(FBO) se gebruik om enige persoon of organisasie wat Puerto Rico se onafhanklikheid voorstaan onder bewaking te plaas is deur die FBO se top leierskap herken[4]. Die FBO se bewaking van die pro-onafhanklikheidsbeweging is gedetaileer in 1.8 miljoen dokumente, waarvan net 'n fraksie vrygestel is in 2000[5][6]. Destydse direkteur van die FBO Louis Freeh het 'n ongekende erkenning gemaak tot in watter mate die FBO in dwase en onwettige aksies deelgeneem het van die 1930s tot die 1990s, en moontlik was die FBO betokke in wydverspreide misdaad en oortreding van konstitusionele regte teenoor Puerto Rikaane[7]. Party vlag en simbool
Offisiële simbool van die PIP se supra-nasionale-affiliasie, die Sosialistiese Internasionaal (SI); die grootste organisasie van politieke partye wêreldwyd, waarvan die PIP 'n volledige lid is.
Vir die PIP dui die vlag se groen kleur op hoop op die verwerwing van vryheid, en die wit kruis dui op die opofferings en toegewydheid van die party vir demokrasie. "Noorse Kruis" vlae, of "Latynse kruis" vlae is 'n algemene ontwerp in die Skandinawiese lande en ander dele van die wêreld, en in teorie, behoort die PIP se embleem tot hierdie familie van vlae. Die PIP se vlag is gebasseer op die eerste nasionale vlag wat ooit deur Puerto Rikaane gebruik is, en is ook die huidige vlag van die munisipaliteit van Lares. Lares is waar die eerste relatiewe suksesvolle poging van revolusionêre inval in Puerto Rico, die Grito de Lares, plaasgevind het op Woensdag, 23 September, 1868. Die Lares vlag is ook soortgelyk aan die vlag van die Dominikaanse Republiek, aangesien die Grito se meesterbrein, Ramon Emeterio Betances, nie net die Dominikaanse pro-onafhangklikheidsstryd bewonder het nie, maar was ook 'n afstammeling van Dominikane, waar hy bewonder was net soos deur meeste van Latyns Amerika. Die nasionalistiese oproer was die fondasie vir ander oproere wat gevolg het, isluitend die Grito de Yara in Kuba, en die 1ste Maart Beweging / 3·1 운동 op 1 Maart 1919 in Korea. Eksterne skakels
Bronne
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.
Mercedes Car
This site monitored by SitePinger.net