|
Article on other languages:
|
In rekenaarwetenskap is 'n protokol 'n konvensie of standaard wat die verbinding, kommunikasie, en data-oordrag tussen twee rekenaareindpunte beheer of moontlik maak. Op sy eenvoudigste kan 'n protokol gedefinieer word as die reëls wat die sintaks, semantiek en sinkronisasie van kommunikasie beheer. Protokolle kan deur hardeware, sagteware of 'n kombinasie van die twee geïmplementeer word. Op die laagste vlak kan 'n protokol gedefinieer word as die gedrag van 'n hardeware verbinding.
Tipiese eienskappeDit is moeilik om oor protokolle te veralgemeen omdat daar so 'n groot verskeidenheid van doelle en grade van verfyning is. Die meeste protokolle spesifiseer een of meer van die volgende eienskappe:
BelangrikheidDie wydverspreide gebruik en uitbreiding van kommunikasieprotokolle is 'n voorvereiste vir die Internet, asook 'n hoofbydraer tot die sukses van hierdie medium. Die Internetprotokol (of IP) en Transmissiebeheerprotokol (of TCP) is die belangrikste van almal en die begrip TCP/IP verwys na die versameling van die mees gebruikte protokolle. Die meeste van die Internet kommunikasieprotokolle word beskryf in RFC-dokumente van die Internet Ingenieurstaakmag (oftewel die IETF). Objekgeoriënteerde programmering het die gebruik van die begrip uitgebrei tot die protokolle wat beskikbaar is vir die verbinding en kommunikasie tussen objekte. Oor die algemeen word slegs die eenvoudigste protokolle op hul eie gebruik. Die meeste protokolle, veral in die konteks van kommunikasie en netwerke, word saamgevoeg in protokolstapels waar die verskeie take hierbo gelys verdeel word onder die verskeie protokolle in die stapel. Waar die protokolstapel na 'n spesifieke kombinasie van protokolle wat saam werk verwys, verwys die Verwysingsmodel na 'n sagteware-argitektuur wat elke laag en die dienste wat elkeen behoort te lewer, lys. Die klassieke sewe-laag verwysingsmodel is die OSI-model, wat gebruik word om die begrippe met betrekking tot 'n protokolstapel te verbeeld. Die verwysingsmodel is ook 'n goeie voorbeeld van meer algemene begrippe in sagteware-ingenieursweese soos die versteking, modulariteit en delegering van take. Algemene Protokolle
Sien ook |
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.
Mercedes Car
This site monitored by SitePinger.net