|
Die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke (USSR) ( (Сою́з Сове́тских Социалисти́ческих Респу́блик (СССР), Sojoez Sowjetskich Sotsialistitsjeskich Respoeblik (SSSR)), ook genoem Sowjetunie (Сове́тский Сою́з, Sowjetski Sojoez), was 'n staat in Noord-Eurasië wat bestaan het vanaf 1922 tot 1991. Die lys van republieke in die Sowjetunie het in hierdie tyd gewissel. Gedurende die laaste jare van sy bestaan het die Sowjetunie 15 Sosialistiese Sowjetrepublieke (SSR'e) gehad. Rusland was die grootste republiek in die Sowjetunie en het dit in amper alle opsigte oorheers: oppervlakte, bevolking, ekonomie en politieke invloed. Die gebied van die Sowjetunie het ook heelwat gewissel en in die laaste jare was dit ongeveer dieselfde as die voormalige Keiserlike Rusland, met die uitsondering van Pole en Finland.
Geskiedenis
Die Sowjetunie was die opvolgerstaat van Keiserlike Rusland, maar was kleiner as gevolg van die onafhanklikheid van Pole, Finland en die Baltiese state. Volgens 'n beleid van Lenin het hierdie besette gebiede van Keiserlike Rusland onafhanklikheid verkry en 'n groot aantal ander gebiede het ook wye outonomie verkry.
Gedurende 1938 en 1940 het die Sowjetunie Estland, Letland, Litaue, sekere gebiede van Finland, Pole, Roemenië, Mongolië en Hongarye beset. Onder die aanvoering van Josef Stalin het die Sowjetunie ná die Tweede Wêreldoorlog 'n groot wêreldmag geword. Politieke konfrontasie tussen die Sowjetunie en die Verenigde State het 'n aantal jare geheers en staan bekend as die Koue Oorlog.
In 1991 het die Sowjetunie verbrokkel ná 'n mislukte staatsgreep deur die militêre leiers wat ontsteld was met die rigting waarin Michail Gorbatsjof die land gelei het.
Leiers van die Sowjetunie, in chronologiese orde:
- Wladimir Lenin (1917-1924)
- Josef Stalin (1924-1953)
- Georgi Malenkof (Maart - September, 1953)
- Nikita Chroesjtsjof (1953-1964)
- Leonid Brezjnef (1964-1982)
- Joeri Andropof (1982-1984)
- Konstantin Tsjernenko (1984-1985)
- Michail Gorbatsjof (1985-1991)
Politiek
Republieke
| Sowjet Republieke |
Onafhanklike state |
|
|
|
Geografie
Die Sowjetunie het uit die 15 republieke hierbo bestaan, met 'n totale oppervlakte van 22 402 200 vk. km.
Ekonomie
Die Sowjetunie was die eerste land wat sy ekonomie geskoei het op kommunistiese beginsels waardeur die staat al die produksie beheer het.
Demografie
Die Sowjetunie was een van die wêreld se etnies mees uiteenlopende lande, met meer as 100 nasionale etniese groepe wat binne die grense geleef het. Die totale bevolking is in 1991 op 293 miljoen geskat.
Kultuur
Questions for article:
|