|
Article on other languages:
|
'n Sjabloon of templaat is 'n manier om 'n bepaalde teks (met of sonder beelde) 'n een of meerdere artikels te vertoon deur slegs na die naam van die sjabloon te skakel. Alle sjablone verskyn in die "Sjabloon"-naamruimte. Sommige sjablone bevat opsionele parameters wat die voorkoms en inhoud daarvan verander soos verkies. Sien gerus hierdie lys van sjablone vir 'n paar voorbeelde van die verskillende soort sjablone. Hoe skakel ek na 'n sjabloon?Indien u 'n sjabloon, bv. Sjabloon:Lande van Asië, in 'n artikel wil plaas, kan u na die sjabloon skakel deur te tik "{{Lande van Asië}}" (sonder die "'s). Dit sal dan soos volg op u bladsy vertoon:
As voorbeeld van die gebruik van parameters, sien gerus Sjabloon:Landtabel vir gebruik in artikels oor Lande. U kan ook die volledige sintaks/teks van 'n sjabloon in 'n artikel plaas deur subst: vooraan te gebruik. Die sjabloon, soos dit in die artikel verskyn, is dus plaaslik en word nie gewysig wanneer die oorspronklike sjabloon gewysig word nie. Hoe skep ek 'n sjabloon?Daar is baie maniere om 'n sjabloon te begin skep. Twee van die makliker maniere is die volgende: Veronderstel u wil 'n sjabloon skep oor die riviere in Suid-Afrika. 'n Logiese naam vir so 'n sjabloon is "Riviere in Suid-Afrika" of miskien 'n korter, meer praktiese "RiviereSA".
. Deur op hierdie rooi skakel te kliek, sal u dan geneem word na 'n bladsy waar u die sjabloon, "RiviereSA" kan skep.
Sien ook |
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.
Mercedes Car
This site monitored by SitePinger.net