|
Article on other languages:
|
In die normale werking van Wikipedia word bladsye gereeld verwyder. Terwyl dit vir enige gebruiker moontlik is om 'n blad leeg te maak, bly die oorspronklike inhoud steeds behoue in die bladsygeskiedenis waar ander gebruikers dit kan sien en weer herstel. Wanneer bladsye verwyder word, word nie net die huidige weergawe nie, maar ook die volledige geskiedenis daarvan verwyder. Slegs administrateurs het die mag om bladsye te verwyder en weer te herstel ná verwydering binne hierdie stelsel. Jy kan altyd verwag dat administreerders die volgende prosedure sal volg om hulle by te staan in hierdie oordeel. Verwyderde bladsye kan herstel word deur administreerders, as en slegs as daar ondersteuning daarvoor is, of as die blad spoedig uitgevee is sonder om die prosedure korrek te volg. As verwyderings té ongeërg gemaak word, raak dit moeilik om by te bly, en daarom moet die besluit om 'n artikel uit te vee nie ligtelik geneem word nie. As 'n artikel die heeltyd verwyder en weer geskep word, is dit gewoonlik goeie aanduiding dat die nood vir die artikel bestaan. Administreerders moet altyd verantwoordelik met hulle mag optree; as jy twyfel... moenie verwyder nie! Prosedure vir verwyderingIndien 'n blad nie onder die kategorie Kategorie:Kandidate vir spoedige verwydering val nie, mag jy dit nie verwyder sonder dat dit ten minste vyf dae op Wikipedia:Bladsyverwydering spandeer het nie. Wat om te doen met 'n probleembladVerdien die blad rêrig om op Wikipedia:Bladsyverwydering te verskyn? Gebruik die volgende twee tabelle om uit te vind wat om met 'n probleembladsy te doen:
|
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.
Mercedes Car
This site monitored by SitePinger.net