|
Article in other languages:
|
Wine is 'n sagteware applikasie wat poog om dit vir Unix-tipe rekenaars op 'n x86 argitektuur moontlik te maak om programme wat oorspronklik vir Microsoft Windows geskryf is te kan loop. Wine verskaf ook 'n sagteware biblioteek wat bekend staan as Winelib en ontwikkelaars sal help om Windows applikasies te kan compileer en porteer na 'n Unix-tipe sisteem.[1] Wine is 'n rekursiewe akroniem vir "Wine Is Not an Emulator" (wat in Afrikaans soveel beteken as: "Wine is geen emulator nie", die naam is ook gekies omdat dit die Engelse woord vir wyn is), is 'n Windows-aanpasbare bedryfstelsel vir POSIX-aanpasbare bedryfstelsels.[2] Die Wine ontwikkelaars het die eerste beta uitgawe van Wine (uitgawe 0.9) op 25 Oktober in 2005 na 12 jaar se ontwikkeling vrygestel. Uitgawe 1.0 is op 17 Junie 2008 vrygestel onder die GNU Lesser General Public License (LGPL). Wine is dus vrye sagteware. Verwysings
Questions for article: |
||||||||||||||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.
IHS Europe: Infrared Heating Systems for Home and Business.