|
Article on other languages:
|
'n Nagaansig van die Petronas-torings in Kuala Lumpur.
'n Wolkekrabber, of toringgebou, is 'n besonder hoë gebou. Emporis Data Committee, 'n internasionale maatskappy wat 'n lys van hoe geboue oral in die wêreld instand hou, definieer 'n wolkekrabber as 'n gebou wat ten minste 35 meter hoog is en op reelmatige intervalle verdeel is in bewoonbare verdiepings [1]. Die bewoonbaarheidskriterium onderskei wolkekrabbers van torings en maste. Die Home Insurance Building in Chicago word beskou as die eerste wolkekrabber. Dié tienverdieping-gebou is in 1884-1885 opgerig. 'n Ander aanspraakmaker op die titel is die tienverdieping-Wainwright Building van 1892 deur Louis Sullivan, wat steeds in St. Louis, Missouri staan. Die meeste vroeë wolkekrabbers het hulle verskyning gemaak in gebiede met grondtekorte in New York Stad en Chicago aan die einde van die 19de eeu. Noodsaaklike ontwikkelings vir die ontwikkeling van wolkekrabbers was staal, gewapende beton, waterpompe en hysbakke. Tot die 19de eeu, was geboue hoër as ses verdiepings skaars. Dit was onprakties vir mense om soveel trappe op te klim, en waterdruk kon lopende water tot slegs (15 m) voer. Die gewigsdraende dele van wolkekrabbers verskil heelwat van dié van ander geboue. Geboue tot omtrent vier verdiepings kan deur hulle mure ondersteun word, terwyl wolkekrabbers en ander hoë geboue deur 'n skeletraam ondersteun moet word. Die mure hang dan soos gordyne van die raam-vandaar die argiteksterm, gordynmuur, vir hoë stelsels van glas wat lateraal ondersteun word deur skeletrame. Spesiale voorsorgmaatreëls moet ook getref word vir windlas op die gebou. Sommige struktuuringenieurs definieer 'n wolkekrabber as enige vertikale konstruksie waarvoor wind 'n belangriker las as gewig is. Let daarop dat hierdie kriterium nie net deur wolkekrabbers bevredig word nie maar ook deur ander hoë strukture soos torings. Oorspronklik was die term "skyscraper" 'n vlootterm vir die mas of seil van 'n seilskip.
GeskiedenisVroeë voorlopersDie Egiptiese piramides, in besonder dié van Gizeh wat omtrent 2500 v.C. ontstaan het, kan as die eerste opspraakwekkende hoë geboue in die geskiedenis van die argitektuur beskou word. Die hoogste van die drie Gizeh-piramides, die piramide van Cheops, het oorspronklik 'n hoogte van 146 meter bereik (tans 137 meter). In die gebied van die huidige Guatemala het die Maya-volk omtrent 500 v.C. met die tempelsentrum van Tikal, wat oorspronklik meer as 3 000 geboue behels het, die eerste "wolkekrabbers" op die Amerikaanse vasteland opgerig. Die ses tempelpiramides het 69 meter hoog verrys. Die Hindoetempel van Nataraja in Chidambaram (Suid-Indië) is in die 13de eeu gebou en van steil trapvormige piramides met 'n hoogte van 45 meter voorsien. Die oprigting van geboue wat "hemelwaarts" verrys het was in die meeste beskawings steeds ook 'n vertoning van mag en tegniese vernuf - net soos in die snel groeiende Amerikaanse ekonomie van die vroeë 20ste eeu. Moderne wolkekrabbersDie "uitvinding" van die wolkekrabber was die Verenigde State se eerste selfstandige argitektoniese prestasie, en sosioloë het na hierdie soort geboue selfs as simbole van die Amerikaanse samelewing verwys.[1]
Die Home Insurance Building in Chicago is met sy tien verdiepings as die eerste wolkekrabber ter wêreld beskou
Die bakermat van die wolkekrabber was in die laat 19de en vroeë 20ste eeu Amerikaanse metropole soos Chicago - die "moederstad" van hierdie argitektoniese verskynsel - en New York Stad. Nuwe geboue het hier steeds hoër begin verrys. Die groot brandramp van die jar 1871, waardeur 17 450 geboue in die middestad van Chicago verniel is, het die aanleiding tot 'n grootskaalse argitektoniese eksperiment gegee. Binne ses weke is met die boubedrywighede vir 300 nuwe geboue begin, en argitekte het die geleentheid gekry om hul nuwe ideeë te verwesenlik. Chicago se bevolking het in die tydperk tussen 1880 en 1890 verdubbel, en eiendomspryse in die middestad het die hoogte in geskiet. Terwyl een vierkante meter se bougrond in 1880 nog vir 130 VSA-dollar beskikbaar was, het die prys tot by die jaar 1890 byna versewedubbel tot 900 dollar. Om hul nuwe bouprojekte winsgewend te hou, het eienaars hul erwe maksimaal benut - en gevolglik hoër geboue opgerig. Danksy nuwe tegniese uitvindings en ervarings soos elektriese hysbakke, vuurbestaande boustowwe en veral skelet- en staalskeletrame was dit nou moontlik om selfs wolkekrabber-projekte aan te pak. Die Home Insurance Building uit die jaar 1885 (wat in 1931 afgebreek is) was die eerste gebou wat hierdie nuwe tegniese prestasies verenig het, en hierdie hoofkwartier van 'n Chicagose assuransiemaatskappy word vanweë sy tien verdiepings as die eerste wolkekrabber ter wêreld beskou. Die Auditorium Building, wat in 1889 volgens ontwerpe van Dankmar Adler en Louis Sullivan opgerig is, het naas sy bykans perfekte akoestik ook met 'n lugreëling gepronk. In die tydperk tussen 1890 en 1894 het die Reliance Building ontstaan, wat as die voorloper van die moderne gordynwandkonstruksie beskou word - 'n argitektoniese innovasie wat later die sogenaamde "internasionale styl" sou oorheers. Die gebou was ook die meesterstuk van die Eerste Chicagose Skool, 'n belangrike beweging in die Amerikaanse argitektuurgeskiedenis. In 1892 het New York Stad aan die wedloop om die hoogste gebou begin deelneem. Die plaaslike Pulitzer-toring is ten opsigte van sy hoogte egter nog in dieselfde jaar deur Chicago se Masonic and Women's Temple met 22 verdiepings verbygesteek. New York se Fuller Building met 'n hoogte van 87 meter is in 1902 as die destyds hoogste gebou ter wêreld voltooi en het as sulks die vorige rekordhouer, Chicago se Monadnock Building (60 meter) uit die jaar 1893, duidelik oortref. Die Fuller Building, wat vanweë sy spits toelopende driehoeksvorm die bynaam Flatiron Building ("Strykystergebou") gekry het, is vandag nog steeds 'n voortreflike voorbeeld van die vroeë skeletraamboustyl. Geskiedenis van die wêreld se hoogste wolkekrabbersVir 'n ranglys van wolkekrabbers volgens hoogte sien Lys van wolkekrabbers. Die onderstaande lys meet die hoogte van die dak van 'n wolkekrabber. Die meer algemene metode is om die hoogste argitektoniese detail te meet, en so 'n meting sou die Petronas Torings, wat in 1998 gebou is insluit.
Die Burj Dubai in Dubai, Verenigde Arabiese Emirate is die hoogste gebou in die werêld. Galery
Sien ookVerwysings
Eksterne skakels |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.
Mercedes Car
This site monitored by SitePinger.net